Wie onthou gediggies/versies uit hul verlede? Daardie wat jy elke keer vir ouma en die tannie met die snor, wat jou altyd wil soen, moes opsê. Of vir Vader Kersfees dat jy later lus was om vir hom te vertel wat hy maar met sy presente kan doen.
Soos die:
Oupa het ‘n vark gery
Afgeval en seergekry
Opgeklim en weer gery .
en
Wippie en Snippie loer uit by ‘n gaatjie
Wip is ‘n muisie en Snip is sy maatjie
Wippie en Snippie daar kom die groot kat!
Woerts wip twee muisies weer terug in hul gat.
Hierdie het ek eenkeer in my tienner jare gelees en sal baie graag wil weet waar dit vandaan kom. (Ek dink miskien Anjie Krog) Ek het dit vele male in my gedagtes gefluister aan die outjie waarop ek(op daardie stadium) ‘n crush gehad het.
Laat my net een keer
deur die heinings van jou oë breek
sodat ek kan weet
of dit vir my is
wat jy geel papawers kweek
(miskien was dit rooi papawers)
Maart 9, 2007 at 9:58
wat my nogal fasineer, is hoe hierdie goed ons kultuur dra. ek’t op ‘n stadium besef dat een van die groot verskille tussen my en van my engelse vriende, die rympies is wat ons as kinders geleerhet.
Maart 9, 2007 at 10:09
Dis baie waar. En baie interessant hoe dieselfde rympies klokkies lui by persone wat uit dieselfde era en dan ook kulturele agtergrond kom. Nog een het my nou net bygeval.
Daar is ‘n apie op ‘n stokkie
voor my ma se agterdeur
Daar is ‘n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daar deur.
(Lam gaan nou seker weer alle wilde konnektasies koppel aan my onskuldige kinderrympies en dit vir my spoil!)
Maart 9, 2007 at 10:20
ummm… hoekom dink ek dit was sterjasmyn en nie papawers nie? het eenkeer lank gelede ‘n hele opstel oor daai gediggie geskryf.
Maart 9, 2007 at 11:19
Ai dis lekker om die goed weer te lees. Ek onthou hoe ek op die vloer by my ma se huis gespeel het by die agterdeur terwyl sy daar staan en stryk het. Ek was nog klein. Tydens die sessies het sy my al die soort rympies en liedjies geleer. Goeie tye!
Hessie Tessie
Spinnekop nessie
Goei dit in ‘n bottel
of vee dit in ‘n flessie
So iets…
Maart 9, 2007 at 14:51
My gunsteling is:
Die Apie sit en droom
In die mik van die eikeboom
En die Bobbejaan kom
Met sy stert so krom
En die Apie sê vir hom:
You are my sunshine, my only sunshine…
Maart 9, 2007 at 14:57
dis ‘n liedjie!, jou apie
Maart 9, 2007 at 16:34
o ek sien. Die persoon wat dit dan altyd vir my “sing” hou dan seker net so swak noot dat dit klink soos ‘n gedig.
Maart 9, 2007 at 18:22
As ek reg onthou was dit “wit jasmyne.” Dit was min of meer in dieselfde tyd as wat sy “Omdat” en “Ma ek skryf vir jou… ‘n kaalvoet gedig…” geskryf het.
Maart 10, 2007 at 8:17
Kleine Pietertjie met sy gietertjie,
Gooi sy mamma se rose nat.
Met die watertjies wat so klatertjies,
Mors hy hom so sop-sop nat.
Maart 10, 2007 at 14:07
George
Baie dankie, ek kom al nader aan die ware Jakob. Ek sal bietjie opsoek in een van Antjie Krog se digbundels.
Idiwidi
Dis pragtig! ek sal die gediggies nou moet gaan neer skryf sodat ek dit eendag vir my kinders kan leer.
Maart 12, 2007 at 13:53
Daar was een oor Maas Terblanche – Iets van hy wat sit op ‘n krans – ken iemand daai een?
Maart 13, 2007 at 7:11
Ek het eenkeer “Bobbejaan klim die berg” saam met ‘n dronk Hollander (aka Tulptotter) gesing, net voordat ek vir hom gesê het dat dit presies oor gedrag soos hierdie was dat ons destyds (1652) na die Suidpunt van Afrika moes vlug.
Junie 6, 2007 at 10:50
My kinders het hierdie oor die 20 jaar gelede in die kleuterskool geleer.
5 fraaie vingertjies (hou handjie op)
poffertjie dik (maak vuisie)
Hier kom die hoendertjie (wys vinger van ander hand)
pik, pik, pik. (wysvingertjie tik teen vuisie)
—————
kloek, kloek, se moeder hen
al die kuikens ken haar stem
kok, kok, kok se pappa haan
kyk hoe kom die kuikens aan
‘n wurmpie vir jou, ‘n kriekie vir my
elkeen sal ‘n stukkie kry
Maart 14, 2008 at 5:02
Wonderlik!
Maar julle het van hierdie een vergeet:
Ouma en Oupa sit op die stoep.
Oupa gee ‘n harde poep,
Ouma se “Wat makeer?”
Oupa se “My maag is seer”.
Ouma se “Eet ‘n peer”
Oupa se “Nee, dan poep ek weer”
April 25, 2009 at 19:30
Wanner ek in skool was (my eerste of tweede jaar) rond om 1968, het ons n gedig geleer:
Ou Tannie Slof Slof
slof deur die huis
dwarsdeur die eetkamer
en in die kombuis.
Kan iemand anders dit onthou, en is daar meer van hierdie gedig? Ek weet dat dit net n bietjie nonsies is, maar dit is nog in my kop, viertig jaar later!
Augustus 17, 2009 at 19:40
Dankie tog. Ek wou nou net Wippie en Snippie vir my seuntjie sing maar kon nie die woorde onthou nie.
Een “result” op “Google”, ‘n vinnige sing en daar wen ek vir my ‘n glimlag.
Oktober 18, 2009 at 9:23
Goeie more julle! Ek het dit nou so geniet om rympies te lees, skoon ‘n traantjie laat pik van herrineringe.
Ek het ‘n groot gunsie om te vra, ek het dringend versies of rympies oor ‘ouma en oupa’ nodig vir ons ouma en oupa dag by die kleuterskool. wil dit vir elke een gee vir die dag. Afrikaans en engels sal doen
Baie dankie en lekker dag vir julle almal
Marlene