Maart 2007


Ek gaan by hierdie plekke tyd spandeer:

 

maar ek is te bang om hier verby te loop:

V. Wat is die warmste deel van die Son?

A. Bladsy 3.

Dit ABSA KKNK se antwoord op Vraag 2 is ‘n dawerende stilte tot dusver. So ek gaan aanneem dis ‘n nee. Hulle kon ten minste net geantwoord het…

In Gary Chapman se boek “The five love languages” beweer hy dat daar 5 primêre liefdestale is en om ‘n gelukkige huwelik/verhouding te hê moet jy leer wat jou en jou lewensmaat se liefdestaal is en dan ook hoe om dit te “praat”.

Die vyf tale is: love-lang.jpg

  1. Woorde van bevestiging/”Affirmation”: Dit beteken basies verbale komplimente, bemoedigende woorde, nederige woorde, liefdes woorde.
  2. Kwaliteit tyd: Saam tyd spandeer. Kwaliteit gesprekke en kwaliteit aktiwiteite
  3. Ontvang van geskenke: Miskien voel dit vir jou of die persoon vir jou lief is as hy/sy vir jou geskenke gee (klein of groot)
  4. Dade van diensbaarheid : Dit is fisiese take soos die vullis uit vat, kar laat diens ens.
  5. Fisiese aanraking: Spreek vir dit self. Soentjie, drukkies …

So jy moet nou gaan sit en dink wanneer voel jy die meeste dat die persoon in jou lewe vir jou lief is? As hy wat van die bogenoemde doen. Om jou ook te help om jou liefdestaal te identifiseer kan jy probeer dink aan hoe jy liefde wys, wat jy die meeste doen en dan is dit baie keer jou liefdes taal. Of wat maak jou die kwaadste/seerste as die persoon dit nie vir jou doen nie.

Dan is die uitdaging om jou lewensmaat se liefdestaal te identifiseer en dit te praat. Dit help nie jy bring vir jou vrou blomme, maar sy wil net graag hê jy moet die bed opmaak en skottelgoed was nie. Of sy kook vir jou ‘n lekker ete, maar jy wil net hê sy moet bietjie vir jou vertel hoe wonderlike man jy is nie.

Chapman is ook ‘n huweliksberader en vertel baie mooi stories in sy boek van hoe huwelike gered is deurdat mense net geleer het om mekaar se liefdestale te praat.

So dink biejtie wat is jou liefestaal en wat is jou lewensmaat sin en hoe kan julle mekaar sin leer praat!

Nou dat dit duidelik raak dat Bob Woolmer vermoor is, het ek ‘n goevoel van walging hier binne my. Ek kan nie uitmaak of dit ‘n walging vir krieket is, of waarvoor dit is nie. Ek dink dis eintlik ‘n walging vir die soort mens wat iemand soos Bob Woolmer sou doodmaak oor iets onbenulligs soos krieket. My vrou sal hierdie twee keer lees en dink “het hy regtig onbenullig en krieket saam in een sin gebruik?”. Maar dis presies die perspektief wat die laaste paar dae se gebeure vir baie mense gebring het. Veral in lande soos Indië en Pakistan is dit broodnodig. Mammon is die president en tesourier van krieket in daardie deel van die wêreld, en dit maak dat jy ondersteuners kry wat net eenvoudig heeltemal perspektief verloor. Soos hierdie man wat 6 maande van sy lewe afgestaan het om ‘n motor te bou wat soos ‘n krieketkolf lyk.

Of hierdie ondersteuners wat Mahendra Singh Dhoni se huis aangeval het na hulle teen Bangladesh verloor het.

Sambit Bal, die redakteur van Cricinfo, skryf in sy stuk It’s only a game, hy hoop eintlik dat Indië ook in die eerste rondte van die wêreldbeker uitgeskakel word, sodat die ondersteuners bietjie perspektief kan kry. Aanhaling van die dag:

Yes, India not making past the first round would be a huge setback. But it would be accorded the status of a national calamity. It will be discussed in Parliament. Television channels will conduct inquests. Effigies will be burnt, cricketers’ homes will be attacked, and these will be gleefully publicised. A couple of months ago, Greg Chappell was slapped on the back by a man in Bhubaneswar seeking his fifteen seconds of fame. He was obliged. It could get worse. Someone could get killed. Perhaps someone has already been killed.

As an Indian, I would like India to win the World Cup. But it might not be such a bad thing for cricket if they were to be knocked out in the first round. Cricket needs a reality check. It has an unhealthy, and unsustainable, business model that relies primarily on an increasingly delusional and one-dimensional fan-base. The bubble has to burst for a semblance of sanity to be restored. We must learn to once again enjoy cricket as a game.

(Vir die lesers wat verveel word deur die oorvloed krieket op die blog die laaste paar weke, jammer. Dinge sal weer na normaal terugkeer na in Mei)

“The two most important people in my cricketing career were Hansie [Cronje] and Bob and they’re both gone, I just hope they’re not in heaven picking a team because I don’t want to be next.” – Jonty Rhodes

Daar’s ‘n nuwe Sherriff op die blogosfeer.  En beste van als is dat dit vir my lyk of hy ook ‘n groot krieket ondersteuner is.

Na aanleiding van dorothy se post, hier volg 5 lukrake feite oor my:

1. Ek besit ‘n haelgeweer

2. Ek was al op Saba

3. Ek het al ‘n Skoda besit

4. Ek het gesien hoe S.A. se krieketspan ‘n nuwe rekord telling (682) in toetse opstel op Lords

5. Al die honde wat ek nog ooit gehad het (insluitend ons gesin se honde as kind), tot onlangs, was Labrador Retrievers

“Bob Woolmer, the Pakistan coach, has died in a Kingston hospital after being found unconscious in his hotel room hours after his side’s elimination from the World Cup. He was 58.” – Cricinfo

Ek oorweeg dit om my mening oor S.A. se kanse by die krieketwêreldbeker drasties aan te pas. Meeste mense is onder die indruk dat die skedule as volg werk: 16 spanne speel in 4 groepe, waarna die top 2 spanne van elke groep deurgaan na ‘n Super 8-fase. So ver nog korrek. Die probleem kom in dat meeste mense onder die indruk is dat die Super 8-fase se wedstryde dan bepaal word deur die posisie waarin die spanne in die groep-fase eindig (onder anderre Mike Haysman op die Supersport Zone). Nie volgens die ICC se webblad nie (die link op hulle webblad het in die laaste paar dae verwyn, en ek moes ‘n internet archive kopie daarvan skakel). Volgens hulle webblad maak dit nie saak hoe die groepwedstryd tabelle lyk aan die einde nie, die spanne vir die Super 8-fase is reeds bepaal (S.A. is A2, maak nie saak of ons vir Australië in die groepwedstryd wen of nie, en hulle is A1). Hoewel dit seker kaartjieverkope makliker maak (wie wil nou ‘n kaartjie vir die Super 8-fase koop as jy nie seker is jou span gaan speel nie), het ek 2 groot probleme hiermee:

1. Dit maak die groep-fase amper heeltemal irellevant. Daar is amper niks om voor te speel in die eerste 2 weke nie, aangesien elke groep uit 2 sterk en 2 baie swak spanne bestaan. Dit is dus reeds duidelik wie gaan deurgaan Super 8 toe, en die volgorde is al waarvoor gespeel kon word.

2. Ons speel volgens die huidige skedule teen Pakistan, Indië en Sri Lanka in Guyana in die Super 8-fase. Alhoewel Guyana ‘n nuwe stadion het, behoort die kolfblaaie nie drasties te verskil van die vorige stadion nie, en daar was dit die mees draaibalvriendelike blad in die Windies. As die uitslae van die groepwedstryde ‘n invloed gehad het, kon S.A. dus ‘n minder draaivriendelike stadion verseker het deur vir Australië te klop, maar nou kry Australië die makliker opsie, maak nie saak wat gebeur in die groep-fase nie. Die 2 punte wat ‘n wen teen Australië vir S.A. in die sak sal bring is nie veel troos as bostaande in ag geneem word nie.

Miskien moet iemand (Mike Haysman dalk?) die ICC vra hoekom daar besluit is om Australië so ‘n groot voordeel bo Suid-Afrika te gee. Ek ruik al weer ‘n komplot teen die Japies…

Update: Ek is nie die enigste een wat dit raakgesien het voor dit verwyn het nie. Volgens die ou ICC site:

Team names for the Super Eight stage are indicative based on the top two teams from the Group Stage qualifying. If these two teams do qualify they will be seeded in position 1 or 2 as specified regardless of whether they finish first or second in their group. For example, if South Africa wins Group A and Australia comes second, for the purposes of the Super Eights, South Africa will still be A2 and Australia will be A1.

Nog ‘n bewys. Die BBC jok nie maklik nie (net soms oor inbelprogramme)

Update 2: Supersport het Mike Haysman se artikel van hulle voorblad afgehaal en vervang met ‘n ou artikel. Dit alles na my epos aan hulle wat bostaande verduidelik. Hulle antwoord:

Thanks – the third mail we’ve received so I guess there is some truth behind it. Haysie even asked match referee Jeff Crowe, and even he knew nothing of this.

Thanks again,

Cheers

As die ICC wedstrydskeidsregter nie eens daarvan weet nie, moet dit mos ‘n komplot wees.

Update 3: Mike Haysman het sy artikel aangepas om by die feite te pas. Hy noem egter nie dat hy reggehelp is na sy vorige poging nie…

Volgende Blad »