Read it here first:
South Africa’s next satellite, to be launched in December 2006, will be called SumbandilaSat. Meaning ‘Lead the way’ in Tshivenda, SUMBANDILA was among the more than 3 000 entries received in a national competition that was initiated by the Department of Science and Technology (DST) and implemented through the South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) earlier this year.
Julie 2006
Julie 31, 2006
Julie 31, 2006
Julie 28, 2006

Die Advertising Standards Authority (ASA) het glo ‘n klompie klagtes ontvang oor Virgin Mobile se advertensie waarin ‘n man genaamd Jack doodgaan en dan in die hemel aankom. Die hemel is dan vol vroulike engele met min klere (soos hierbo) en sportmotors. Die mense wat gekla het reken dis ‘n klap in die gesig van Christene. Gelukkig het die ASA besluit dis sommer nonsens, en die klagtes van die hand gewys. Ek reken die advertensies sal juis ‘n paar mense aanspoor om bietjie kerk toe te gaan as dit is hoe die beloning eendag gaan lyk. Om die waarheid te sê, ek sal waarskynlik teleurgesteld wees wanneer ek eendag daar kom en dit lyk NIE so nie. Gooi ‘n gholfbaan of twee in die prentjie in en jy het die hemel van meeste mans se drome.
As jy nog nie die advertensie gesien het nie, gaan kyk hier.
Julie 27, 2006
AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is, versoek u vriendelik om die aangehegte petisie teen geweldsmisdaad en moorde te onderteken en te laat onderteken deur u vriende en familie. Die petisie gaan aan president Mbeki oorhandig word en vorm deel van Afriforum se “Stop die moorde”-veldtog. Hierdie veldtog is begin is na die wrede moord op die Solidariteit-lid, Frans Pieterse van Swartruggens, maar is gerig teen alle geweldsmisdaad en moorde in die land. Die petisie kan hier onderteken word.
As jy sterk voel oor die saak, teken die petisie.
Julie 26, 2006
Julie 26, 2006
Daar is iets wat my deesdae in my nagmaal broodjie laat stik, en dis die frase ” ‘n stuk ” wat deur predikante gebruik word wanneer hulle van emosies praat. “Ek kom na julle toe met ‘n stuk seer”. Die doel daarvan is waarskynlik om die emosie wat beskryf word as iets fisies voor te stel, iets wat in ‘n boks gesit kan word en vir mense gewys kan word, of vir God gegee kan word en vergeet word. Ek het dit nou al ongelukkig begin assosieer met “dominee taal”, en soms sit “dominee taal” my bietjie af, want dit klink nie vir my so eg as wat dit moet nie.
As daar ‘n dominee hierdie lees, kan hy my dalk inlig waar dit vandaan kom? Is daar een of ander dosent by die kweekskool wat dit gebruik en so aan die predikantekorps oordra, of kom dit uit een of ander teologiese boek wat net predikante lees? Ek twyfel of daar dominees hier lees, so kan iemand wat ‘n dominee goed ken miskien vra en die antwoord weer hier kom gee?
NS Ek kom na julle toe met ‘n stuk skuld, en dit is dat ek “hy” gebruik wanneer ek “sy” ook bedoel. So jy’s welkom om sy te lees oral waar ek hy skryf, bloot omdat ek nie letterkundig vernuftig genoeg is om die hy te vermy nie.
Julie 22, 2006
Murder most foul update Lyk my ek was nie die enig…
Posted by Pienk Zuit under Uncategorized[2] Comments
Murder most foul update
Lyk my ek was nie die enigste een wat die ironie in Dubya se veto gesien het nie.
Julie 21, 2006

As jy ooit die kans het om in Kenia te gaan vakansie hou, gryp dit met beide hande aan. Dis pragtig, die mense is so vriendelik en gasvry as wat jy kan kry, en daar is vreeslik baie om te sien en doen.
Julie 20, 2006
Julie 19, 2006





