Die vloed van vonkpos wat ek deesdae kry met “interessante feite” het my laat besluit om gereeld ‘n nuttelose feit hier te publiseer. Vandag is die oewerkonyn aan die beurt:
Die oewerkonyn (riverine rabbit in engels) is een van die mees bedreigde soogdier spesies in die wêreld. Dit kom net in ‘n klein area in die Noord-Kaap voor, langs die oewers van die Sakrivier (wat toevallig deur my skoonpa se plaas loop). Oewerkonyne word deesdae as “critically endangered” geklassifiseer. Lees meer van die oewerkonyn op wikipedia, en by die Riverine Rabbit Conservation Project.
Ons gaan die naweek kuier op die plaas, en ek vat my haelgeweer saam, so ek sal laat weet of die oewerkonyn nie dalk as uitgesterf moet geklasifiseer word na die naweek nie.

April 25, 2006 at 14:36
Is dit enigsins verwant aan die Oertel?
April 25, 2006 at 14:39
Ek dink nie so nie, want volgens Wikipedia is die oewerkonyn die enigste lid van die genus Bunolagus.
Ek het egter nou die dag opgelet dat die Urtel (beide variasies van die woord se spelling is korrek) ‘n straat na hom vernoem gekry het by die Somerset Mall. Urtel Crescent is die straat wat na La Romantica afdraai.
Mei 2, 2006 at 8:25
Oertel-ag nee sies man.
Mei 2, 2006 at 8:25
daar is ´n hofsaak met die naam oertel vs somebody. dis hoe die naam in die plek gekom het.
Mei 2, 2006 at 8:37
Hoeveel variasies is aanvaarbaar van die spelling van bedreigde / bedrygde?
Mei 2, 2006 at 8:40
Heeltemal reg. My bad. Een van die mees “bedreigde” spesies dan.